Nataniël – GESELS 2025

NATS gesels 2 FB

Nataniël – GESELS 2025

Sat - 19 Jul 2025 - 15:00
R300 - R320

Share this event:

  • GESELS 2025

    Twee ekstra praatjies!

    Op publieke aandrang lewer Nataniël op Saterdag 19 Julie 2025 nog twee van sy GESELS 2025-praatjies by die Fairtree Atterburyteater.

    Soos elke vorige jaar, het GESELS 2025 ’n splinternuwe tema:
    “Die Ratkas Van ’n Keuse”. (Op of af? Reg of verkeerd? Links of regs? Eet ek dit of los ek dit? Loop ek of bly ek?). Met die maak van elke keuse is daar ‘n masjien met ’n miljoen ratte wat sy werk moet doen. Van jou ingebore neigings tot jou opvoeding, omgewing, oortuigings, invloede en gesondheid, elkeen speel ’n rol in elke keuse wat gemaak word.

    Kyk hoe lyk ons wêreld! Die resultaat van keuses! Hoe ver strek die gevolge van ’n vinnige besluit? Is alles dan belangrik? Hoe ontspan ek ooit weer?

    Hierdie onderskatte daad word van alle kante bekyk met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende ontdekkings. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.

    Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
seating legend