Magic Musicals Banner - Web Event
20:00 | 17 April | R240

Magic Musicals – Leah & André Schwartz
20:00 | 17 April | R240

FANTASIEWÊRELD VAN MUSIEKBLYSPELE BINNE BEREIK
MET LEAH &  ANDRÉ SCHWARTZ

Wanneer André Schwartz en Leah se stemme een word in hul produksie, Musical Magicals sal die gehoor meegesleur word na die fantasiewêreld van die grootste musiekblyspele soos hul bekroonde treffers vertolk.

“Toe ek en André hierdie produksie beplan het, het ek sommer nostalgies geraak oor al die wonderlike oomblikke wat
musiekblyspele al gelewer het. Dit plaas mens sommer in ’n ander wêreld en laat jou so bietjie vergeet van tyd,” het die talentvolle Leah vertel.

Gedurende dié produksie maak hul liedjies vanuit musiekblyspele soos Mamma Mia!, Chicago, Phantom of the Opera, Aladdin, Moulin Rouge, Les Misérables, Wizard of Oz en vele meer hul eie.

André het ook al ’n blywende indruk as musiekteater-kunstenaar gemaak en dié begaafde sanger het onder meer verskeie toekennings vir sy optrede as “The Phantom” in The Phantom of the Opera ontvang. Hy is ook al deur die meester Andrew Lloyd Webber self erken as een van die beste “Phantoms” wat die verhoog al ooit opgelewer het.

“Dis vir my ’n groot voorreg om hierdie produksie saam met André te kan doen – veral omdat hy reeds so gesout is in die musiekblyspel genre,” het Leah gesê.

Dié produksie word in samewerking met CO Productions aangebied.

20:00 | 17 April | R240

For wheelchair / special request bookings contact: [email protected] / 012 942 5951
COVID-19

– Masks are compulsory
– Temperature will be taken
– Attendance register must be completed
– A limited number of seats are available
– No more than two audience members may sit next to each other
– Maximum space is left open between booked seats
– Be sure to be on time for the event to complete the attendance register
– Disinfectant / Hand Sanitizer will be available in the foyer
– Artists will not be available for photos or signing of merchandise after the concert